Recent blog posts
Browse blog by month
- October 2011 (1)
- November 2011 (20)
- December 2011 (30)
- January 2012 (19)
- February 2012 (15)
- March 2012 (7)
Dot Com Dot Na Fiasco

The rough english translation is located after the original Afrikaans version
Full article as it appeared in the Republikein today, 26 October 2011:
"Dani Booysen - Die Republikein (C)
SKAARS ses maande nadat die nuwe Kommunikasiewet in werking getree het, is die gort opnuut behoorlik gaar oor die oorhoofse bestuur van Namibiese domeinname op die Internet.
Namibia Information Technologies Namibia (NamIT) is op die oorlogspad nadat die huidige hoofregistrateur van alle hoof- en subdomeinname met .na, Namibia Network Information Centre (NA-NiC), weens die beweerde verontagsaming van reëls oor die bemagtiging van administrateurs gisteroggend [Dinsdagoggend] summier vier subdomeine van NamIT gesluit het.
Mnr. Thorsten Hübner van NamIT oorweeg siviele en, volgens hom, selfs kriminele stappe teen NA-NiC en sy veelal omstrede grootbaas, dr. Eberhard Lisse.
Teen gistermiddag was meer as 1 000 mense met e-posadresse met die agtervoegsel .mail.na en meer as 600 kliënte met webwerwe met die agtervoegsels .of.na, .ws.na en .mobi.na volgens hom vir 'n tweede dag van lyn.
Terwyl Hübner aanvoer dat 'n wye verskeidenheid partye – byvoorbeeld ook diensverskaffers wat die rol van middelmanne speel –administrateurs kan wees, het NA-NiC 'n probleem met die magtiging vir NamIT se administrateurs. Hübner beweer egter dat Lisse nie die afskakeldreigement deur die bank toepas nie en dubbele standaarde het.
NamIT sê hy is slagoffer van 'n grondwetlike, administratiewe onreg. Volgens Hübner sal die saak indien nodig al die pad tot by die internasionale reguleerder ICANN en die Wêreldorganisasie vir Intellektuele Eiendom (WIPO) neem.
Alles gaan nie oor pryse nie, sê hy.
NA-NiC verkoop tans aan Namibiërs 'n .com.na-adres vir sowat N$600 en .na-adresse vir ongeveer N$4 000. Vir buitelanders kos 'n .com.na nagenoeg N$5 000 en 'n .na soveel as N$50 000. NamIT bied tans die dienste vir N$450 tot N$3 600.
Weens prys- en ander faktore gebruik bitter min instellings, besighede en individue in die land ná sowat 16 jaar se toegang tot die Internet vandag .na-adresse.
NA-NiC het NamIT se klagte beantwoord met 'n saaklike skrywe dat die onderneming kontraktueel tot vertroulikheid verplig is wanneer dit by verhoudings met kliënte kom. “Ons eerbiedig die verpligting,” is benadruk.
Volgens NA-NiC bestuur die beslote korporasie al baie jare een van die mees gevorderde registrasiestelsels op die vasteland streng volgens die beste internasionale praktyke. “Wanneer foute (oor die name van registrante en administrateurs) aan die lig kom, word registrateurs versoek om aan die reëls te voldoen.”
Op die vraag of die ingryping eintlik die gevolg van 'n prysoorlog is, was die antwoord dat NA-NiC glad nie betrokke by, of bewus is van enige subregistrateurs se prysskale nie.
Volgens NA-NiC doen hy sy bes om registrateurs aan te moedig om plaaslike domeinname te verkoop en handhaaf die onderneming baie goeie verhoudinge met alle ondernemers.
NA-NiC wou nie Republikein se vraag antwoord of dr. Lisse onwettiglik .na by die Ministerie van Handel en Nywerheid in sy eie naam geregistreer het nie.
Hoofstuk 11 van die nuwe Kommunikasiewet het nie in Mei vanjaar saam ander dele van die wetgewing van krag geword nie. Eers wanneer die aangewese Minister die inwerkingtreding van die hoofstuk aankondig, sal 'n jaar begin aftik waarbinne die staat 'n voorgenome nasionale vereniging moet stig wat beheer van .na-domeinname sal oorneem.
Bestaande bedryfsverenigings het dramaties uiteenlopende sienings oor die plan.
Volgens mnr. Lodewyk van Graan, president van die Namibiese Alliansie vir Inligtings- en Kommunikasietegnologie (ICTAN), sleep die Regering voet, maar begin ratte darem stadig agter die skerms rol ná 'n ontmoeting twee weke gelede met Minister Joël Kaapanda.
Mnr. Paul Rowney, een van die stigterslede van die Namibiese Vereniging vir Inligting- en Kommunikasietegnologie (NICTA), voel hierteenoor die oorhaastige implementering van 'n grootliks mislukte Suid-Afrikaanse konsep wat in die Namibiese wet in geknip-en-plak is, kan groot probleme veroorsaak. Vrae oor befondsing en koste vir die belastingbetaler is maar net van NICTA se sorge."
This is the roughly translated version. Translated using Google Translator.
"Barely six months after the new communications law took effect, there are problems with the overall management of Namibian domain names on the Internet.
Namibia Information Technologies Namibia (NamIT) is on the warpath after the present Chief Registrar of all main and sub domain name with .na, Namibia Network Information Centre (NA-NIC) for the alleged flouting of rules empowering administrators yesterday morning summarily four subdomains of NamIT closed.
Mr. Thorsten Hübner, from NamIT, is considering civil and, according to him, even criminal action against NIC-NA and its often controversial CEO, Dr. Eberhard Lisse.
Since yesterday afternoon, more than 1000 people with e-mail addresses with the suffix .mail.na and more than 600 customer sites with the suffixes .of.na, .ws.na. and .mobi.na, have been offline for a second day.
Hübner argues that while a wide variety of parties - including service providers that play the role of middlemen – can be administrators, NA-NIC has a problem with the authorization for NamIT's administrators. Hübner, however, claims that Lisse does not follow the cutt-off agreement and he has double standards.
NamIT said he was the victim of a constitutional administrative injustice. According to Hübner, the case ,if necessary, will be taken all the way to the international regulator ICANN and the World Intellectual Property Organisation (WIPO).
Everything is not about prices, he said.
NIC-NA currently sells .com.na addresss to Namibians for about N$ 600 and .na addresses for approximately N$ 4 000. For foreigners a .com.na costs approximately N$ 5 000 and a .na as much as N$ 50 000. NamIT currently provides services for N$ 450 to N$ 3 600.
Due to price and other factors, very few institutions, businesses and individuals in the country, after about 16 years of Internet access, use .na addresses.
NA-NIC answered to NamIT's complaints with a real letter that the company is contractually obligated to confidentiality when it comes to relationships with customers. "We honor the commitment," is emphasized.
According to NA-NIC the close corporation has for many years managed one of the most advanced registration system in mainland strictly according to international best practices.
"When errors (about the names of registrants and administrators) come to light, registrars are requested to adhere to the rules."
On the question of whether the intervention actually the result of a price war, the answer was that NA-NIC not involved in or aware of any sub-registrars price scales.
According to NA-NIC he is doing his best to encourage registrars to sell local domain names and maintain good relationships with all vendors.
NA-NIC did not want to answer the Republicans question on whether Dr. Lisse illegally registered .na under his name at the Ministry of Trade and Industry."

So disgusting to see Namibians being scammed by these monopoly holding individuals around every corner! This is one place where SA is way ahead!!!
Reply